
Melktert
2016-05-28 12:09:58

Ek het my eerste kos kursus gedoen toe ek 14 was by Tannie Marcelle Botha in Bloemfontein haar kookskool se naam is Demo-den. Hierdie resep kom van haar af! Dit is n uithaler melktert resep, en my Ma mag maar die melktert bak. Hoop julle geniet die resep!
Kors
- 125 g botter
- Geel van een eier ( behou die wit)
- 1 groot koppie meelblom
- 1 hoogvol teelepel bakpoeier
- 1/2 koppie melk
- knippie sout
Vulsul
- 4 koppies melk
- 1 koppie suiker
- 1 eetlepel botter
- Geel van 4 eiers ( voeg eierwit by 1 eierwit van kors)
- 2 hoogvol eetlepels meel
- 2 hoogvol eetlepels mielieblom
- 1 koppie melk
- knippie sout
- 5 ml vanilla
Kors
- Maak die botter sag en voeg die geel van die eier daarby.
- Meng dit goed en voeg dan die meel, bakpoeier en sout by.
- Meng tot n krummelrige tekstuur.
- Voeg die melk by en meng tot n sagte deeg.
- Smeer die sagte deeg met n lepel in twee tertborde om egalige kors te vorm.
Vulsul
- Kook die 4 koppies melk,suiker en botter saam in n groot kastrol of in die mikrogolf.
- Meng die eiers, meel, mielieblom, melk en sout saam en voeg by gekookte melk en kook verder roer gedurig tot n lekker dik vla vorm, voeg die vanilla by en meng goed.
- Klits die eierwitte tot styf en vou in by die vla mengsel.
- Gooi in die kors, strooi die kaneel oor en bak vir 25 minute op 180c
Elmarie Berry Good Food http://www.elmarieberry.com/