
Gebakte Souskluitjies
2016-06-04 05:54:11

As ek na my ma verlang en terugdink aan my dae in die huis kan ek nie help om te dink aan pannekoek wat sy elke keer as daar net n wolkie in die lug was moes bak nie, Natuurlik ook melktert, want niemand kan n melktert bak soos my ma nie en dan was een van ons gunsteling hierdie resep van haar, haar flop vrye souskluitjies!!
Sous
- 1,5 L water
- 375 ml bruinsuiker
- 50g botter
- 5 ml kaneel
- 5 ml sout
Deeg
- 2 koppies meel
- 20 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 5 ml allspice
- 100g botter
- 2 eiers
- 1/2 koppie melk
- Kaneelsuiker na smaak
Instructions
- Verhit die oond tot 150c
- Verhit die suiker en 1/4 koppie van die water in n kastrol, Laat die suiker karamaliseer - moenie roer nie anders sal dit suiker kristalle vorm. Jy kan die pot heen en weer skud om dit te meng.
- Voeg nou die res van die sous bestanddele by en kook vir 3 minute.
- Om die deeg te maak voeg al die bestanddele in n menger en meng goed deur die deeg moenie te dun of te dik wees nie.
- Gooi die stroop in n oondbak met n deksel, skep nou lepels vol van die beslag in die stroop.
- Strooi kaneelsuiker oor en bak met die deksel vir 40 minute.
- Bedien saam met vla en roomys.
Elmarie Berry Good Food http://www.elmarieberry.com/