
Hoenderpastei
2016-06-04 06:13:54

Ek het al baie resepte geproe en gemaak, maar hierdie resep staan vir my kop en skouers bo die ander, dit is maklik om te maak en heerlik. Een van die geheime van die resep is asseblief gebruik Woolies se "All Butter Puff Pastry" te gebruik ,dit maak regtig n verskil. Jy kan hoenderborsies gebruik, maar ek vind dat n heel hoender het nie baie meer geur en smaak.
Ingredients
- 1 Heel hoender
- 1 Ui
- 5 Naeltjies
- 5 ml allspice
- Sout
Vulsel
- 1 gevlokte hoender
- 2 uie opgekap
- 2 groot wortels grasper
- 125 g ham in blokkies gesny ( jy kan ook spek gebruik)
- 330 ml bier (dit is een bottel, ek hou van Peroni ,maar jy kan enige een gebruik)
- 1 eetl. heel korrel mosterd
- 1 t. knoffel
- 1 eetl. meel
Instructions
- Sit die hoender in n groot pot, gooi die allspice, naeltjies, sout en opgesnyde ui by en kook in genoeg water vir 45 minute of totdat die hoender sag is, laat die hoender effe afkoel en verwyder al die bene - ek verwyder die vel ook. Moenie die aftreksel weg gooi nie ons gaan dit nou-nou gebruik.
- Vat n lekker pot en braai die uie, wortels en knoffel totdat die uie deurskynend is.
- Voeg die gevlokte hoender, ham, mosterd, peroni en een koppie van die aftreksel ( gooi die aftreksel deur n sif sodat ons nie met daai groot stukke uie in ons pastei sit nie)
- Strooi die meel oor en kook dit lekker deur.
- Skep die vulsel in n oondbak en plaas die puff pastry bo-op.
- Verf die deeg met n geklitste eier.
- Bak die pastei vir 35 min by 180c of tot goud bruin.
Elmarie Berry Good Food http://www.elmarieberry.com/